‘n Prokureur 1000

Deel hierdie storie / Share this story

Yente Lee Labuschagne (35), Kimberley se gunstelingprokureur, sê sy is waar sy vandag is omdat sy graag haar pa wil trots maak.

Gebore in Bloemfontein, het sy in gr. 9 na Kimberley verhuis en aanlyn aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

Yente praktiseer nou al vir 10 jaar as ’n prokureur wat spesialiseer in eiendomsreg en skeisake en sy is ook deel van die Noord-Kaapse Verbruikershof. Sy is al vir twee jaar met Rickus, getroud en sy het twee kinders.

“Ek het altyd op hoërskool debat gedoen en dit was my skoolhoof, Helen Hugo, wat vir my gesê het ek moet daaraan dink om in die regsveld in te gaan.”

Yente vertel sy wou op laerskool ’n argeoloog geword het.

“My pa was nog altyd my leiding en my inspirasie. Ek is waar ek vandag is omdat ek hom wil trots maak.”

Yente sê iets wat ander mense nie gewoonlik van haar weet nie, is dat sy ’n misdaadprogram op televisie nodig het om aan die slaap te raak.

Sy sê sy is vreeslik dankbaar dat Kimberliete haar as Kimberley se gunsteligprokureur genomineer het.

“Ons probeer altyd almal belangrik laat voel. Iets wat dalk vir ons soos ’n klein dingetjie voel, voel vir ’n kliënt soos die grootste ding in die wêreld. Ons vat dinge met elke emosie wat daarmee saamgaan. Mense is net mense en nie robots nie. Mens moet gemaklik voel.”