December 7, 2021

Len Cloete stabiel na skoot in kop deur polisie

Photo: Facebook

Len Cloete, ’n pa en man van Pretoria, veg tans om sy lewe nadat hy deur ’n polisiebeampte in die kop geskiet is.

Die voorval het by die Misty Hills Lodge in Muldersdrift in Gauteng plaasgevind.

In die video van die voorval, wat hier gekyk kan word, is drie polisielede in ’n rusie met Cloete, voordat Cloete in die kop geskiet word.

KYK DIE VIDEO HIER.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die voorval sal ondersoek word.

“Daar is prosedurele stappe wat polisiebeamptes onder sulke ongekende omstandighede moet neem.”

Mike Bolhuis, van Specialised Security Services (SSS), het aan FiND iT gesê Cloete is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. Gerugte dat hy dood is, is onwaar.

FiND iT het die polisie, sowel as die Misty Hills Lodge vir kommentaar gekontak, maar het nie terugvoer ontvang nie.

Lees die vorige artikel hier.


 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *