Pofadder-verhoor begin Maandag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jaar na die moord op ‘n hoteleienaar en deeltydse boer van Pofadder begin die verhoor Maandag 15 November in die hooggeregshof op Upington.

Suretha Brits (31), weduwee van Leon Britz (41) is op 7 Oktober 2020 van sy moord aangekla.

Die gemeenskap was geskok toe Suretha in Maart vanjaar weens die moord aangekeer is.

Kort na die moord op Leon is Jacques van Vuuren (37), saam met sy beweerde huurlinge Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) in hegtenis geneem.

Leon is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Hy is in sy huis se swembad met ‘n hondeleiband aan sy nek, waarmee hy vermoedelik verwurg is, gevind.

In ‘n pleitooreenkoms beweer Van Vuuren, wat reeds skuldig bevind is en 20 jaar tronkstraf gekry het, dat Suretha hom gevra het om haar man te vermoor. Sy het hom R400 000 en ‘n diamantring van ongeveer R100 000 aangebied.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van NPA, het bevestig Suretha is sedert haar inhegtenisneming in aanhouding nadat haar borgaansoek op 17 Mei 2021 deur die vervolgingsgesag teëgestaan is.

Die egpaar het drie seuns.