Lawrence Masinge, ‘n fiksheidsinstrukteur van Gauteng, is glo gisteraand wreed in sy huis vermoor terwyl hy ‘n aanlyn fiksheidsklas aangebied het.
Masinge is na bewering Woensdagaand tydens ‘n regstreekse Zoom-sessie doodgeskiet, ten aanskoue van sy kliënte.
Die hutsmerk #justiceforlawrencemasinge versprei nou op Twitter soos ‘n veldbrand.
Een van sy kliënte, slegs bekend as Phuthi, skryf op Twitter: “Gisteraand het ek die aakligste toneel ooit aanskou. Ons wonderlike afrigter Lawrence Masinge is in ons Zoom-kardiosessie wreed vermoor. Ek bid dat sy familie vertroos sal word.”
Last night I witnessed the most horrific scene ever.. … We were being trained by an amazing trainer Lawrence Masinge and he was brutally murdered live mid Zoom cardio session. I pray for his family to be comforted. We are robbed! 💔#justiceforlawrencemasinge
— Phuthi (@phuthi85) November 11, 2021
Sy kliënte het op sosiale media bevesig hy is in die kop geskiet terwyl terwyl hulle dit op hulle skerms gesien het.
Foto’s wat van die voorval geneem is, wys ‘n man in ‘n beige broek en ‘n swart hemp met wat lyk soos ‘n wapen in sy regterhand wat na die instrukteur wys, wie op die vloer lê.
Nog ‘n foto wys hoe ‘n vrou wat die voorval aanskou, in trane is.
Die fiksheidsafrigter was deel van ‘n program om oefening onder die jeug aan te moedig, onderskryf deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.
Last night Lawrence Masinge was shot while on a zoom meeting in the head and the suspects continued to rob the place but the number plate was seen on cameras. Please retweet and help raise awareness about this matter🤍 pic.twitter.com/lRYNBc6dud
— the Don (@Hottiie_Spaiinn) November 11, 2021
FiND iT het navraag by die polisie gedoen.



