‘n Totaal van 305 nuwe gevalle van die Covid-19 is op Woensdag 10 November aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,9% verteenwoordig.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) se statistiek is daar nou 16 426 aktiewe gevalle van die virus in die land.
Die meeste getalle is Woensdag in Gauteng (30%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (17%), KwaZulu-Natal (14%), Vrystaat (9%), Noord-Wes (8%), Noord-Kaap en Mpumalanga (7%) en Limpopo (3%).
Daar is ook 48 nuwe sterftes aangemeld, wat die sterftesyfer nou op 89 435 te staan bring.
Altesaam 2 924 622 persone in Suid-Afrika het al Covid-19 opgedoen, waarvan 2 818 761 reeds herstel het.
Volgens die departement van gesondheid is daar teen Woensdag 130 514 dosisse van die entstof teen Covid-19 toegedien.



