Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) is die meeste nuwe gevalle die afgelope 48 uur in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (13%) en KwaZulu-Natal (12%).
Altesaam 344 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld – die totale aantal aktiewe gevalle is nou 18 348 .
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 220 nadat nog 23 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 815 166 mense reeds van die virus herstel, met die herstelkoers op 96,3%.
Volgens NIOS was daar in die afgelope 24 uur vyf hospitaalopnames en is daar tans 3 838 mense wat vir Covid-19 in hospitale behandel word.
Positiewe Covid-19-gevalle, 3 November 2021:
Noord-Kaap: 1 593 Wes-Kaap: 5 656 Noordwes: 831 Vrystaat: 2 882 Oos-Kaap: 229 Limpopo: 1 093 Gauteng: 471 Mpumalanga: 244 KwaZulu-Natal: 5 350


