Cleo Smith: Verdagte word vandag aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermeende ontvoerder van die vierjarige Cleo Smith is vir ‘n tweede keer in die hospitaal behandel te midde van berigte dat hy “aangeval” is terwyl hy in aanhouding was.

Die 36-jarige man is deur die Wes-Australië-polisie aangehou nadat beamptes die vierjarige meisie “lewendig en gesond” in ‘n huis in Carnarvon gevind het, 18 dae nadat sy van ‘n afgeleë kampplek verdwyn het.

Die ontvoerder is sedert sy inhegtenisneming twee keer hospitaal toe om behandeling vir beserings te ontvang, het die polisie gesê.

Een onbevestigde berig meld dat ‘n mede-gevangene “hom swart en blou geslaan het,” terwyl ‘n ander berig het die verdagte het probeer om homself te beseer.

Intussen is Cleo met haar ouers herenig. “Ons gesin is weer heel,” het Ellie Smith, Cleo se ma, op Instagram geskryf toe sy die nuus bekendgemaak het.

Die Australiese premier Scott Morrison het die deurbraak as “’n groot verligting” beskryf.

“Die feit dat daardie nagmerrie tot ‘n einde gekom het en ons ergste vrese nie bewaarheid is nie, is net ‘n groot verligting,” het hy bygevoeg.

Die Wes-Australië-polisie tydens ‘n mediakonferensie