Nuutste Covid-19-getalle

Deel hierdie storie / Share this story

Covid-19 val deesdae in dieselfde kategorie as politiek en geloof.

Dit het een van een van daai onderwerpe geword waaroor jy nie sommer met enigiemand  praat nie, omdat dit dalk net ‘n goeie vriendskap mag kos.

Nietemin, hier is die jongste syfers.

In Suid-Afrika is altesaam 18 540 mense tans positief terwyl 2 814 654 reeds herstel het.

89 197 mense is tot dusver oorlede en 18 nuwe sterftes is aangeteken.

Dinsdag 2 November het 169 mense positief getoets.

So lyk die getalle in die verskillende provinsies:

Noord-Kaap: 1 586

Wes-Kaap: 5 612

Noordwes: 804

Vrystaat: 2 901

Oos-Kaap: 220

Limpopo: 1 089

Gauteng: 463

Mpumalanga: 234

KwaZulu-Natal: 5 631

Die statistieke in Suid-Afrika word vanaf die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) verkry.