Quinton de Kock, SA-krieketspeler, het onlangs groot opslae gemaak toe hy geweier het om te kniel by ‘n wedstryd tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese eilande.
De Kock het intussen ‘n amptelike verskoning uitgereik waarin hy aan sy spanmaats, aanhangers en Krieket SA jammer sê vir die “seer, verwarring en woede” wat hy by dié wedstryd veroorsaak het.
“Ek wil graag om verskoning vra aan my spanmaats en die aanhangers.
Ek wou dit nooit ‘n Quinton-probleem maak nie. Ek verstaan die belangrikheid daarvan om op te staan teen rassisme en ek verstaan ook die belangrikheid van ons as spelers om ‘n voorbeeld te stel.
As ek ander kan opvoed deur te kniel en ander se lewens kan verbeter, is ek gelukkig om dit te doen.”
Krieket SA het Maandag bekendgemaak dat hy van sy spelers verwag om voor elke wedstryd van die res van die T20 Wêreldbeker te “kniel” in samehorigheid in die stryd teen rassisme.



