Ma help ander na haar seun selfmoord pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

Cyrus Baxter, wat ook bekend was as Cyrus Russell, was deel van die Baxter Boys-familie wat op sosiale media bekend is. Medelye stroom nou nog in na sy ma, Ebonie Baxter, op sosiale media ‘n video gedeel het van die oomblik toe sy die nuus ontvang het dat haar seun oorlede is.

Ebonie en haar man, Byron, is beïnvloeders op sosiale media. Die gesin het ‘n YouTube-kanaal, Baxter Boys, wat meer as 150 000 volgelinge het.

Die gesin woon in Georgia.

Na Cyrus se dood het Ebonie op sosiale media begin praat oor selfdood en selfdoodbewusmaking.

In die video wat wyd versprei is en duisende kommentare opgelewer het, sê ‘n beampte vir Ebonie dat haar seun tans deur mediese personeel ondersoek word. In die video vra sy aanhoudend of haar seun dood is. Die beampte sê dan vir haar om van die pad af te trek en wanneer sy hoor dat hy dood is, begin sy skree en huil.

“Op 8 September het my seun, Cyrus, sy eie lewe geneem. Hy was 20 jaar oud. Gister het ‘n agtjarige meisie ook haar lewe geneem. Ouers, neem asseblief ‘n oomblik om met julle kinders te praat. Moenie net aanvaar hulle is oukei nie. Maak vandag die dag dat jy sit en met hulle praat oor ander kinders wat hulle lewens geneem het. En kyk dan na jou kind en vra hom of hy oukei is. En luister na hulle.”