Karamelmentdroom

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie maklike en vinnige poeding is soet en lekker. Jy kan dit binne minute maak en dit sal elke soettand tevrede stel.

Bestanddele:

  • 1 blikkie (290 g) nagereg-kookroom
  • 1 blikkie (360 g) mentgegeurde Caramel Treat
  • 2 pakkies sjokoladementkoekies
  • 1 houertjie (250 g) vars room (opsioneel)
  • karamelsous (opsioneel)

Metode:

  • Klop die blikkie nagereg-kookroom saam met die blikkie Caramel Treat tot glad en dik.
  • Druk die koekies fyn.
  • Strooi een laag fyngedrukte koekies op die bodem van ’n nageregglas of -bakkie.
  • Bedek dan met ’n laag roomkaramelmengsel.
  • Hou so aan tot die glas of houer vol is.
  • Klop die vars room styf, indien jy dit gebruik.
  • Skep dan die vars room bo-op die poeding.
  • Drup karamelsous oor die vars room en sprinkel ‘n klein bietjie fyngedrukte koekies bo-oor.
  • Plaas vir ’n halfuur in die yskas en geniet.