‘n Vrou (30) is deur twee Pitbull-honde aangeval terwyl sy koerante afgelewer het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die insident het ongeveer 12:55 vandag in Bougainvillea- en Honeysuckle-rylaan in Durban gebeur.
“Die vrou was besig om koerante af te lewer, toe sy deur die twee honde aangeval is. Medici op die toneel het die vrou vir beserings aan haar bolyf behandel.”
Sy is na ‘n nabye hospitaal geneem vir verdere versorging.



