Lekker Tuisgemaakte roomys

Deel hierdie storie / Share this story

Maak seker jy het ‘n bak tuisgemaakte roomys in die Noord-Kaapse hitte. Dit is so maklik en jy kan enige bestanddele bylas om dit in jou gunstelingroomys te verander.

Bestanddele:

  • 480 mℓ room (yskoud)
  • 397 g / 1 blikkie kondensmelk

Metode:

  • Klop die room styf.
  • Klop die kondensmelk ’n bietjie en vou dit dan by die room in.
  • Jy kan dan jou gunstelingbestanddeel (Oreo-koekies, Nutella, stukkies sjokolade ensovoorts) byvoeg en dit deurmeng.
  • Hou ook ’n bietjie oor om bo-oor te strooi.
  • Vries vir ses ure of oornag.

Resep ingestuur deur Leona Mans.