Tieners (12 – 17) besluit nou self oor Covid-19-inenting

Deel hierdie storie / Share this story

Tieners in Suid-Afrika mag van volgende week af self kies of hulle die Covid-19-inenting wil hê of nie.

Dr. Joe Phaala, minister van gesondheid, het Vrydag aangekondig dat tieners van 12 tot 17 jaar van Woensdag af self kan besluit of hulle die inenting wil hê, of hulle hul ouers se toestemming het, of nie.

Dié kinders sal egter vooraf oor die risiko’s en moontlike newe-effekte ingelig word.

Phaala het gesê kinders sal vir eers net een dosis van die Pfizer-inenting ontvang.