Meisie (10) verdrink in kompleksswembad

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 10-jarige meisie se liggaam is omstreeks 19:04 in ‘n swembad in KwaZulu-Natal gevind.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê Netcare 911 het reageer op ‘n oproep oor n meisie wat verdink het.

Herbst sê verslae van die toneel dui daarop dat ‘n 10-jarige meisie leweloos in ‘n kompleks se swembad gevind is.

Toe paramedici op die toneel kom, was die kind reeds uit die swembad gehaal.

“Die pasiënt is deur ‘n Netcare 911-paramedikus ondersoek, maar het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Omstandighede rondom die meisie se verdrinking is nog nie bekend nie en word ondersoek.