October 18, 2021

Beste kliëntediens: Kim Kem-apteek

Beste kliëntediens: Kim Kem apteek

Beste kliëntediens: Kim Kem apteek

Kim Kem-apteek is deur Kimberley Online Co. lesers as een van die besighede in die stad wat die beste kliëntediens lewer. Volgens lesers is die assistente altyd behulpsaam en geduldig. Die aptekers het altyd die beste raad en die diens by die betaalpunte is altyd flink.

Pieter du Toit en Pieter de Beer is mede-eienaars van Kim Kem en is al vir 31 jaar saam in die besigheid. Die apteek was altyd eers by die Horseshoe-sentrum geleë totdat die Monument SuperSpar-sentrum gebou is.

Pieter (du Toit) lag en sê dit is nie altyd maklik om saam met so ‘n klomp vroue te werk nie.

“Ons is werklik baie dankbaar vir almal se nominasies en ondersteuning. Kliëntediens is altyd ons prioriteit en ons probeer altyd almal tevrede stel.”

**Pieter de Beer kon ongelukkig nie op die foto wees nie.

Op die foto: Chantell Hayward, Berenice Serfontein, Jean-Marie Jacobs, Pieter du Toit, Breyton Titus, Bonita de Klerk, sr. Sandra Barnes, Agnes Engelbrecht en Rudolf van Heerden.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *