Vermeende dwelmhandelaar vas

Deel hierdie storie / Share this story

SPRINGBOK. – Die polisie op Springbok het Saterdag ‘n 56-jarige man op die N7 in hegtenis geneem toe hy glo in die besit van meer as R50 000 se dwelms gevang is.

Die polisie sê die verdagte is in besit van 144 g se tik en 367 Mandrax-tablette gevang toe die polisie inligting opgevolg het oor ‘n Quantum-taxi wat vermoedelik dwelms vervoer het.

Die polisie het vinnig reageer toe hulle die voertuig gewaar het en het die voertuig deursoek.

Die verdagte was van Kaapstad in die rigting van Springbok op pad.

Die verdagte verskyn Maandag 4 Oktober in die hof op aanklag van dwelmhandel.