Rosestad: Hoe Bloemfontein sy naam gekry het

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy geweet die letterlike betekenis van die naam Bloemfontein is van die Duitse woord vir “fontein van blomme” afkomstig? Daarvandaan ook die naam Rosestad of “die stad van rose”.

Die jaarlikse Roosfees in dié stad is ook daarom baie gewild. Daar is in die Kings Park-tuine meer as 4 000 roosbome geplant.

Die stad se Sesotho-naam is Mangaung, wat “plek van die jagluiperds” beteken.

Bloemfontein was oorspronklik Johannes Nicolaas Brits (gebore 21 Februarie 1790) se plaas, wat toe die plaas aan majoor Henry Douglas Warden verkoop het.

Alhoewel Bloemfontein histories ‘n oorwegend Afrikaner-nedersetting was, is Bloemfontein amptelik in 1846 gestig as ‘n fort deur die Britse leërmajoor Henry Warden.

Tot in 1994 was dié stad die enigste geregtelike hoofstad van Suid-Afrika.