Leandri Blom (22), ’n voltydse naeltegnikus van die stad, gee raad oor hoe jy jou naels mooi kan versorg.
“Vir mense wat die eerste keer akriel of gel op hulle naels wil laat sit, sal ek voorstel om eers ’n sagte kleur, sonder tips, te probeer om eers te kyk hoe jy voel oor die produk op jou naels. Daarna kan jy meer gewaagde keuses maak.”
“Wanneer jy produkte van jou naels wil afhaal, moet dit liefs nie self doen nie. Moet dit ook glad nie afbyt of aftrek nie. Laat dit eerder by jou tegnikus afweek. Wanneer jy dit self afhaal, beskadig jy jou nael, nie die produk self nie.”
“Moenie die velletjies langs jou naels afbyt nie. Dit kan inskeur en kan baie seer wees, selfs infeksie kry. ’n Cuticle-olie werk wonders vir droë velletjies.
“Mens se naelvyl of naelknipper moet altyd skoongehou word, want bakterieë kan daarop broei. Wanneer jy dalk ’n fungus opdoen, is teeboom-olie die beste behandeling. Onthou ook om nooit jou nael te laat doen as dit beskadig is nie. Dit maak die kanse vir infeksies makliker en kan ook veroorsaak dat die produk afdop.”




