October 18, 2021

Hoe om jou braairooster skoon te maak

As jy soos meeste Suid-Afrikaners op Braaidag gaan braai, gaan jy definitief na die tyd jou braairooster moet skoonmaak. Hier is ’n paar wenke om jou braairooster vinnig skoon te maak.

Hoe om jou braairooster skoon te maak

Hoe om jou braairooster skoon te maak

As jy soos meeste Suid-Afrikaners op Braaidag gaan braai, gaan jy definitief na die tyd jou braairooster moet skoonmaak. Hier is ’n paar wenke om jou braairooster vinnig skoon te maak.

Asyn

Meng 500 ml asyn en 500 ml water in ’n spuitbottel. Spuit hierdie oplossing op die rooster en laat dit vir 10 minute, of langer, as dit erg vetterig is, staan. Die suurheid van die asyn help om die vet af te breek. Vryf die rooster met opgefrommelde aluminiumfoelie en gooi daarna die gebruikte foelie in ’n asblik.

Koerantpapier

Verhit die rooster en vryf dit dan met koerantpapier. Dit is makliker om die vet te verwyder as dit warm is en nie so warm dat die papier begin brand nie.

Uie

Voorverhit die rooster om van die vet en klewerige stukkies af te brand. Sny ’n groot ui in die helfte en vryf die ui met ’n braaivurk oor die rooster en vervang met die ander helfte van die ui indien nodig.

Waspoeier

Maak die wasbak of ’n groot plastiekhouer halfvol met koue water en voeg 30 ml (2 e) waspoeier by. Meng om dit op te los. Plaas die rooster in die water en sorg dat dit bedek is. Laat dit ’n uur staan ​​om te week. Maak die rooster skoon voordat dit goed afgespoel word, droog dit dan af en vryf dit met kookolie om te verhoed dat dit roes.

Koeksoda en suurlemoensap

Maak ’n pasta van koeksoda met suurlemoensap. Om dit te doen, verhit die rooster om van die vet te verwyder, sprei dan die pasta met ’n kwas oor die braairooster en laat dit ten minste 30 minute lank staan, voordat dit goed afgespoel word en droog word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *