Studies het bewys byna driekwart van vroulike en die helfte van manlike gevangenes het ’n ernstige geestesongesteldheid.
Onbehandelde geestesongesteldheid vertroebel jou oordeel en laat jou glo dat daar geen ander uitweg is nie. Na raming kan ongeveer 90 persent van selfdoodgevalle toegeskryf word aan ’n geestesongesteldheid wat nie behandel is nie.
Een so ‘n geval is die hartseer storie van AJ Nieman (15), wat nêrens hulp vir sy verskeie psigiatriese probleme kon kry nie en homself in April vanjaar in petrol gedompel het en hom voor sy ma aan die brand gesteek het.
AJ was met menige psigiatriese steurnisse gediagnoseer en sy ma het vir meer as ’n jaar lank probeer om vir hom hulp te kry. AJ het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Nog ’n geval van onbehandelde psigiatriese gesondheid, is dié van Megan Huntsman wat in 2014 in hegtenis geneem is nadat die lykies van sewe babas in haar motorhuis gevind is. Huntsman het vermoedelik sewe van haar eie babas tussen 1996 en 2006 vermoor.
Geestesgesondheidskwessies word nie vanself beter nie. Hoe langer ‘n siekte voortduur, hoe moeiliker kan dit wees om te behandel en te herstel.
Geestesongesteldheid maak dit moeilik om aan te pas by die samelewing, wat kan lei tot onvanpaste gedrag of wanoptrede.



