September 28, 2021

Polisie neem twee in hegtenis oor toringbatterye

Voorlopige ondersoek dui dat die batterye vir Zimbabwe bestem was.

Polisie neem twee in hegtenis oor toringbatterye (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Polisie neem twee in hegtenis oor toringbatterye (Foto: The South African Police Service, Facebook)

Die polisie in Gauteng het Woensdag twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van MTN-toringbatterye gevind is.

Sers. Raider Ubisi, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang van dié batterye wat glo in ‘n huis in Mayfield-uitbreiding gestoor is.

Die polisie het die huis deursoek en die twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Die batterye is intussen na die Putfontein-polisiestasie geneem vir verdere ondersoek.

Voorlopige ondersoek dui dat die batterye vir Zimbabwe bestem was.

Die verdagtes verskyn binnekort in die hof op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Die derde uitgawe van Bloemfontein Online Co. is nou beskikbaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *