Vrou val na haar dood toe sy TikTok-video probeer maak

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (23) het verlede Maandag na haar dood geval toe sy ‘n video vir haar TikTok-profiel probeer neem het.

Kubra Dogan het by haar niggie in Istanbul gaan kuier en dié twee het beplan om saam ‘n video op die dak van ‘n woonstelkompleks te neem. In die proses het Dogan nege verdiepings ver geval. Die tragiese gebeurtenis is op Dogan se niggie se selfoonkamera vasgevang.

Die ongeluk het ongeveer om 19:00 plaasgevind.

Verskeie van Doga se volgelinge is in rou na haar dood.

Haar dood laat ook nou baie vrae oor hoe ver TikTok-gebruikers sal gaan om video’s te neem en hoe veilig dit is.