Covid-19 en skole in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy het ‘n styging in Covid-19-gevalle in skole in die afgelope week ervaar.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement, sê die departement het 526 nuwe gevalle aangeteken, waarvan 54 onderwysers, 439 leerlinge en 33 ondersteuningspersoneel is.

“Tans is daar agt skole in die provinsie wat gesluit is weens positiewe Covid-19-gevalle. Vyf skole sal na verwagting pp 23 Augustus weer oopmaak.

“Die pandemie veroorsaak groot ontwrigting in die onderwyssektor en die departement is bekommerd oor kosbare leer- en onderrigtyd wat verlore gaan.”

Verder sê Van der Merwe die departement doen sy bes om onderwysers en leerlinge in dié moeilike tyd te ondersteun.