Man dood in een-voertuig-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Vrydagoggend dood toe hy in ‘n een-voertuig-ongeluk op die M27 in Tea Estate betrokke was.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle om 07:31 gekontak om op die ongelukstoneel te gaan help.

Personeel is na die toneel ontbied en hulle het op ‘n man afgekom wat ‘n paar meter van die motorwrak af gelê het.

Die man (42) het ernstige beserings opgedoen en voor paramedici op die toneel kon aankom, is hy aan sy beserings dood.

Die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek. Daar word vermoed die bestuurder het beheer oor sy motor verloor.