JOHANNESBURG. – ‘n Ma van hier is baie ontsteld nadat sy haar sieklike dogter dood in ‘n rolstoel, sonder toesig, in die Helen Joseph-hospitaal gevind het. Die ma beweer haar dogter was op presies dieselfde plek as wat sy haar die vorige dag gelos het.
Volgens The South African het Nqobile Dube haar siek dogter Sichelesile (26) Maandag om 13:00 na die hospitaal geneem. Hulle het aan haar gesê dat Sichelesile die aand om 21:00 opgeneem sou word.
Ma vind dogter dood in rolstoel met haar oë en mond oop
Toe Dube Dinsdag teruggekeer het na die hospitaal het sy haar dogter dood in ‘n rolstoel gevind, op dieselfde plek waar sy haar die vorige dag gelaat het. Dube sê ook geen van die personeellede was bewus van die dood tot sy hulle daarvan ingelig het nie.
Jack Bloom. die DA- Gauteng Shadow LUR vir gesondheid, sê hy is geskok oor dit wat die ma moes deurgaan.
“Hierdie verskriklike verhaal beklemtoon weereens die verwaarlosing wat baie pasiënte by Helen Joseph se ongevalle ondervind het, wat erg oorvol is van pasiënte wat dae kan wag voordat hulle in ‘n saal opgeneem word.”
Volgens Bloom is ‘n volledige ondersoek nodig na die voorval waartydens die ma haar dogter dood aangetref ghet.
“Maar wat regtig nodig is, is ‘n volledige opknapping van die Gautengse departement van gesondheid om te verseker dat geld effektief bestee word om voldoende personeel en toerusting by alle openbare hospitale te verseker.”
Lees ook: KYK: Meisie amper dood omdat Ma ‘te lui is’ om luise uit te kam



