Nuwe kliënte van Discovery Life wat nie die entstof teen Covid-19 wil ontvang nie, sal weens verhoogde risiko hoër premies vir hul lewensversekering moet betaal.
Só sê Riaan van Reenen, uitvoerende hoof van Discovery Life.
Wanneer ‘n kliënt weier om die entstof te ontvang, sal dié lewensversekeraar die weiering dieselfde hanteer as rook of ander leefstylsiektes soos diabetes en sal kliënte dus hoër premies moet betaal.
Dit geld vir polisse wat na 29 Julie uitgeneem word. Die polisse kan wel aangepas word indien die kliënt later besluit om wel die entstof te ontvang.
“Covid-19 het alle vlakke van ons samelewing geraak en het eise van kliënte van alle profiele verander,” sê Van Reenen. “Duidelike neigings het egter die afgelope jaar na vore gekom. Dit hou verband met geslag, ouderdom, leefstylkeuses, komorbiditeite en beroepe wat die getal en erns van Covid-19-eise beïnvloed.”
“Ons interne data dui aan dat die gemiddelde 75-jarige wat ten volle ingeënt is, dieselfde gevaar het om weens Covid-19 te sterf as ‘n tipiese 40-jarige wat nie ingeënt is nie.” – Maroela Media
Lees ook: Daniëlskuil-egpaar aangerand: Man (79) sterf van skok
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



