Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het in ‘n verklaring gesê hy is dringend op soek na die familie van ‘n pasiënt wat al vir ‘n maand by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley opgeneem is.
Die pasiënt is in ‘n veld in Galeshewe gevind en sy naam is Mlungiseni Maselani.
Sy geskatte ouderdom is 70 jaar.
Hy het geen identiteitsdokument nie, en die departement van binnelandse sake kon dus nie sy familie opspoor nie.
Hy onthou nie veel van sy familie of ken nie sy adres nie, maar weet dat hy van Queenstown is. Hy praat ook vlot isiXhosa.
Kontak die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal indien jy weet wie hy is of van sy familielede ken.



