NOORD WES. – ‘n Gru-ontdekking is die 27 Julie 2021 gemaak toe die verbrande liggame van twee polisiebeamptes in ‘n uitgebrande polisievoertuig in die bos in Mosita gevind is. Die liggame is vermoedelik dié van twee beamptes wat vermis geraak het.
Volgens ‘n Facebook-plasing deur Marongwa was die twee vermiste beamptes gestasioneer by Mareetsane in die Ngaka Modiri Molema distrik.
Tydens die aand van die 26 Julie was die beamptes besig om klagtes in die distrik te doen, toe hulle kontak met hulle bevelvoerder by die gemeenskapsdienssentrum (CSC) verloor het.
Die skof bestuur het na die beamptes begin soek. Op die middag van die 27ste Julie is die gru-ontdekking van die gebrande liggame, van die polisiebeamptes in die verbrande polisievoertuig gemaak.
Die liggame sal vir DNS toetse gestuur word om ‘n positiewe identifikasie te doen.
Die families en kollegas van die polisiebeamptes word bygestaan deur die Noord Wes- provinsiale kantoor wat die nodige gesondheids- en welstandsberading bied.
Lees ook: Onthoofde liggaam skok inwoners



