TOKIO. – Die talentvolle swemmer Chad le Clos neem aan sy derde Olimpiese Spele deel, en is gewoond daaraan om medaljes vir Suid-Afrika huis toe te bring. Le Clos het die eerste semi van die 200 m-vlinderslag vir mans ingepalm. Hy het van die begin tot die einde voorgeloop, maar het in die laaste 40 meter regtig versnel.
Volgens The Good Things Guy het Tamás Kenderesi (HUN) tweede gekom en Honda Tomoru (JPN) derde.
Le Clos wen die eerste semi van die 200 m-vlinderslag
Le Clos het in 2010 vyf medaljes by die Olimpiese Somerspele in Singapoer gewen. In 2012 het hy by die Olimpiese Spele wat in Londen aangebied was, goud gewen in die 200 m-vlinderslag en silwer in die 100 m-vlinder.slag
Hy het silwer medaljes in die 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag in die Olimpiese Somerspele in 2016 gekry.
Le Clos was vier keer die algehele wenner van die wêreldbeker vir swem: in 2011, 2013, 2014 en 2017.
In 2018 het Le Clos drie goue medaljes in die 50-, 100- en 200 m-vlinderslag op die Statebondspele gewen. Hy het ook die tweede plek in die 100 m-vryslag behaal en ‘n derde plek saam met spanmaats Cameron van der Burgh, Calvyn Justus en Brad Tandy in die 4 × 100 m-wisselslag-aflos.
Met nog ‘n oorwinning in die 200 m-vlinderslag het Le Clos geskiedenis gemaak deur die eerste man te word wat drie agtereenvolgende 200 m-vlinderslag-Statebondtitels verower.
Die eindstryd vind môre plaas.

Lees ook: Kanye aanhanger verkoop sakkie vol lug van sy Donda-byeenkoms vir R50k



