Dit gons!

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Dis lekker as jy hoor dit gons oor ‘n nuwe produk. Dié nuwe produk is Kimberley Online Co. Jou weeklikse aanlynkoerant.

Dié koerant is begin omdat mense van Kimberley oor mense van Kimberley wil lees. Jy wil mos weet wat in jou dorp aangaan. Jy wil ook hoor van die nuus wat om jou gebeur. En jy wil nie die hele tyd negatiewe goed hoor en lees nie. Dit maak mens depressief, of hoe?

Daarom het jy nou ‘n lekkerlees-koerant. ‘n Koerant wat hier is om te BLY, as mens kyk na die terugvoer. Ons is almal uitgehonger vir dit!

SLUIT AAN BY DIE TELEGRAM-GROEP.

Bereik die hele land

Die koerant is Vrydag aan ons leserstal van meer as 1 miljoen landwyd op FiND iT gestuur. (Die hele land lees nou sommer oor Kimberley. :-))

Dit is aan FiND iT se Facebooklesers van meer as 93 000 gestuur, in Kimberley self het die koerant 20 Whatsapp-groepe wat lesers bereik. Die koerant is op beide die Android en die Apple apps uitgestuur en ook aan elke liewe persoon wat dit direk op sy of haar foon wou ontvang.

Ons wil graag aan soveel mense moontlik die koerant stuur. Jy kan dit of gratis lees deur net deur dit te “scroll” – jy hoef dit nie eens af te laai nie – of jy kan dit as ‘n PDF aflaai. Dit lees nes ‘n gedrukte koerant, met lekker groot teks. Klik hier vir verlede week se uitgawe.

Hier is van ons lesers se terugvoer:

“Baie geluk met julle 1ste uitgawe, mag julle van krag tot krag gaan. Doen so voort!”


“Baie goed gedoen, ek gaan vanaand lekker lees!!!”

“Baie geluk. Puik uitgawe!”

“Love it,dit was lekker om te lees.”


“Very good, well done, what Kimberley needs.”

“Netjies gedoen!”

“Puik dankie aan die span, sien na die volgende uitgawe.”


“Baie goed so bly vir n koerant weer 😁👍😁”

Sluit nou aan by ons Telegram-groep. (Jy sal dit steeds op al die ander maniere ook kry). Kontak 076 163 3746 of 071 686 7200 as jy wil adverteer in die volgende uitgawe.

Toe, toe! Die nuus wag vir niemand.