Kimberley tydelik sonder krag

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley. – Meeste dele van die stad is tydelik sonder elektrisiteit. Die probleem lê glo by die Herlear-substasie. Tegnici is van die probleem in kennis gestel en sal die probleem so spoedig moontlik oplos.

Update om 15:28: Die probleem lê glo aan Eskom se kant. Eskom is besig om die probleem op te los.

Update om 15:38: Die substasie op die Boshof-pad brand tans. Daar is onsekerheid of dit iets met die krag te doen het.