Skole bly oop, sê Angie

Dié onderwys-inentingsprogram sal voortgaan tot skole in Julie sluit.

Skole bly oop, sê Angie

Skole bly oop, sê Angie

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys in Suid-Afrika, het Saterdagmiddag in ‘n mediakonferensie gesê haar sektor het besluit skole sal oop bly.

Sy het gesê 100 uit 25 400 skole is geraak deur die virus en die skole sluit in elk geval binne twee weke vir vakansie. Dus sal skole oop bly.

Verder is aangekondig die inentings vir onderwysers sal op 23 Junie begin. Alle onderwysers sal ingeënt word, ongeag hulle ouderdom.

Geen onderwysers sal gedwing word om die inenting te neem nie. Inentings is vrywillig.

Dié onderwys-inentingsprogram sal voortgaan tot skole in Julie sluit.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *