Covid-19 eis nog ‘n bekende rugbyspeler

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-Cheetah rugbyspeler Dougie Heymans het sy stryd teen Covid-19 verloor.

Heymans was in die Life Rosepark-hospitaal opgeneem en is vir ‘n week vir Covid-19 behandel. Hy is twee dae gelede aan ‘n ventilator gekoppel.

Netwerk24 berig hy is oorlede weens ‘n bloedklont wat hy Maandagmiddag in sy longe opgedoen het.

Heymans was ongelukkig om nooit vir die Springbokke te speel nie, maar het in sy leeftyd 154 wedstryde vir die Vrystaat gespeel.

Hy was tot huidiglik direkteur van Shimlas Rugby.