Statutêre verkragtingsaak: Kby-sportafrigter weer in hof

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die voormalige sportafrigter by ‘n bekende laerskool in Kimberley, verskyn vandag weer in die landdroshof in Kimberley.

Hy word daarvan aangekla dat hy ‘n 13-jarige meisie statutêr verkrag het terwyl hy in ‘n verhouding met haar ma was.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die voorval het in Oktober verlede jaar plaasgevind.

Die man is op 26 Maart vanjaar in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.