Hierdie resep is verseker om jou soettand hemel toe te stuur.
Bestanddele:
- Tennis-beskuitjies
- Oreo-koekies
- Malvalekkers
- Easymix brownie-deeg
Metode:
- Plaas bakpapier in ’n oondvaste glasbak.
- Pak die onderkant van die bak toe met die Tennis-beskuitjies.
- Meng die Easymix brownie-deeg soos op die pakkie aangedui.
- Skep ’n laag van die brownie-mengsel bo-op die Tennis-beskuitjies.
- Pak ’n laag Oreo-koekies bo-op.
- Sny malvalekkers in die helfte en pak bo-op die Oreo-koekies.
- Skep dan weer ’n laag brownie-mengsel bo-oor en maak seker alles is bedek.
- Verhit jou oond tot op 180°C en bak vir 35 minute of tot gaar.
- Sny malvalekkers in die helfte en pak bo-op.
- Bak dit in die oond vir twee minute of tot goudbruin.
- Pas op dat die malvalekkers nie brand nie.
- Wag tot dit behoorlik afgekoel het voordat jy dit sny en bedien.



