Vrou en baba van ses dae vermis ná besoek aan kliniek

As jy vir Steyn iewers sien of weet waar sy is, kontak vir Terblance by 061 969 8043.

Vrou en baba van ses dae vermis ná besoek aan kliniek

Vrou en baba van ses dae vermis ná besoek aan kliniek

OOS-LONDEN. – Emma Jane Steyn en haar ses dae oue babatjie word sedert Dinsdagoggend om 08:00 vermis.

Lee-Anne Terblance het haar na Facebook gewend in ‘n poging om hulp te kry om haar dogter en kleinseun op te spoor.

“Ek het Emma en my ses dae oue kleinseun om 08:00 vanoggend by die West Bank-kliniek afgelaai. Ek is toe dorp toe om ‘n paar goed te doen, maar het teen 11:00 nog niks van haar gehoor nie.”

Terblance sê sy het Emma probeer bel, maar sy het net by ‘n stemboodskap uitgekom.

Sy het glo by die kliniek ook na Emma gaan soek, maar sy was nie daar nie.

“Sy het glo in ‘n swart kar geklim.”

As jy vir Steyn iewers sien of weet waar sy is, kontak vir Terblance by 061 969 8043.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *