Veldtog begin om oupa en oupa wat afval verkoop, te help

“Hierdie ouma en oupa het ons hulp nodig. Hulle bedel nie, hulle werk.”

Veldtog begin om oupa en oupa wat vullis verkoop, te help

Veldtog begin om oupa en oupa wat vullis verkoop, te help

KLERKSDORP. – ‘n BackaBuddy-veldtog is begin om ‘n bejaarde egpaar, wat na hulle kleinkinders moet omsien en werkloos is, te help om hulle huis vir die winter reg te maak.

Die drie kleinkinders waarna hulle moet omsien, is al drie op skool. Hulle ouers is nege jaar gelede oorlede.

Vir ‘n inkomste maak die egpaar, wat al byna 80 jaar oud is, herwinbare en herbruikbare afval bymekaar om weer te verkoop.

Elize Pieters, wat die fondsinsameling begin het, sê sy voel elkeen kan ‘n klein verskil in die familie se lewens maak.

Sy sê die egpaar moes op hulle ouderdom al begin rus en hulle lewens geniet het, maar al waaroor hulle hulself bekommer, is kos en klere vir hulle kleinkinders.

“Die huis waarin hulle woon, is reeds afbetaal, maar het aandag nodig. Die kamers en die kombuis het gate in die mure en dis winter. Hulle het ook warm komberse nodig. Al die geld wat ingesamel word, sal gebruik word om die huis reg te maak en vir hulle benodigdhede te betaal.

“Hierdie ouma en oupa het ons hulp nodig. Hulle bedel nie, hulle werk.”

Daar is sedert 25 Mei byna R500 000 vir die familie ingesamel. Indien jy miskien ook ‘n bydrae wil lewer, klik hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *