KIMBERLEY. – Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, besoek vandag sekere dele van die Noord-Kaap om die provinsie se vordering in die inentings teen Covid-19 te monitor.
Mkhize sal die Galeshewe-daghospitaal besoek en ook die Harmony Home Centre in die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik. Beide dié sentrums is inentingstasies.



