Soek jy iets iets anders om jou kolwytjies of koeke mee te versier? Probeer gerus om jou eie marsepein-malvalekker-versiersuiker te maak.
Bestanddele:
- 1 pak (250 g) malvalekkers (marshmallows)
- 1 pak versiersuiker
Metode:
- Smelt malvalekkers vir ongeveer 2 min. in die mikrogolfoond.
- Sif bietjie-bietjie versiersuiker by totdat dit ‘n deeg vorm.
- Knie die deeg tot dit vir jou styf genoeg is.
- Draai toe in kleefplastiek en bêre in die yskas vir 2 ure.
- Gebruik soos wat jy gewone marsepein (marzipan) sal gebruik.



