Nylstroom-leerling (14) sterf skielik

Die familie wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek om vas te stel wat presies sy dood veroorsaak het.

Nylstroom-leerling (14) sterf skielik

Nylstroom-leerling (14) sterf skielik

POLOKWANE. – Thys van der Merwe, ‘n gr. 8-leerling aan Hoërskool Nylstroom, is skielik in die ongevalle-eenheid van die provinsiale hospitaal in Polokwane oorlede.

Die Pos berig Thys het in April reeds gekla van pyn in sy arms en bene. Die pyn het net vererger totdat sy ouers hom op 10 Mei na ‘n dokter geneem het om vas te stel wat fout is. Hy is vir ernstige blaas- en nierinfeksie behandel en toe hy twee dae later nog geen verligting ervaar het nie, het sy ouers hom vir bloedtoetse geneem.

Die uitslae van die bloedtoetse het gewys Thys het ‘n ernstige infeksie opgedoen en hy is in die hospitaal opgeneem. Hy is kort daarna ontslaan om by die huis aan te sterk, maar het weer skielik by die huis inmekaargesak en daar is wéér met hom na die hospitaal op Bela-Bela gejaag vir behandeling en ‘n bloedoortapping.

Thys is daardie volgende oggend om 05:00 na die hoësorgeenheid by die provinsiale hospitaal oorgeplaas, waar hy kort daarna oorlede is.

Die Pos berig die familie wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek om vas te stel wat presies sy dood veroorsaak het. – Die Pos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *