Kragonderbrekings gevaarlik vir pasiënte op suurstof by huis

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Met kragonderbrekings wat weer kop uitsteek in die land is pasiënte wat suurstof by die huis gebruik as gevolg van Covid-19 in gevaar.

Suid-Afrika beleef tans die derde golf van positiewe Covid-19-getalle. Verskeie hospitale in provinsies het nie meer beddens vir pasiënte beskikbaar nie. Gevolglik word sekere mense wat kortasem is, slegs met suurstof huis toe gestuur.

Guy Richards, emeritus professor in kritieke sorg aan die Universiteit van die Witwatersrand, het aan SABC-nuus gesê dit is noodsaaklik vir diegene met lae suurstofvlakke om te verseker dat hul masjiene aan die gang bly om te verhoed dat hul toestand vererger of selfs die dood kan veroorsaak.

Richards sê verder alhoewel pasiënte met emfiseem net vir 15 ure ‘n dag suurstof moet hê, kan daar erge gevolge wees as die kragonderbrekings vir langer as ‘n uur aanhou en hulle suurstofvlakke daal. Pasiënte se hartritme kan versteur word en hulle kan selfs sterf.

LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.