Kathu-verkragter vra meisie moet oorbly, verkrag haar toe

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die Kathu-verkragter, Nhlanlha Success Msane (31), is die week hier in die streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

“Op 24 Augustus 2019 omstreeks 01:30 is die vroulike slagoffer ‘n saamrygeleentheid aangebied vanaf ‘n nagklub deur die beskuldigde aan wie sy bekend was,” sê kapt. Sergio Kock.

Die beskuldigde het eers na sy huis gery waar die twee van hulle gesels het. Msane het toe gesê hy is moeg en het die slagoffer gevra om die nag by hom oor te bly. Hy het haar toe gewelddadig begin hanteer, uitgetrek en haar in die nag verkrag.

Msane is die volgende dag in hegtenis geneem en aangekla. Hy is na sewe dae op borgtog van R1 000 vrygelaat.

“Msane is skuldig bevind op aanklag van verkragting en is 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.”

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

LEES OOK: Pfizer-inenting en inflammasie in die hart by jong mans moontlik verbind

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.