KYK: Twee gooi Covid-19-pasiënt se liggaam in rivier

Deel hierdie storie / Share this story

INDIË. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem ná ‘n video van twee persone wat ‘n lyk van ‘n brug af in ‘n rivier gooi, op sosiale media verskyn het.

In die video is dit duidelik hoe twee persone die liggaam van ‘n derde persoon van ‘n brug af in die rivier gooi terwyl dit reën. Een van die persone het persoonlike beskermingsmateriaal (PPE) aan.

Dié voorval het glo Saterdagaand by Kotwali in Balrampur plaasgevind.

Die twee verdagtes is as Sanjay Kumar en Manoj Kumar geïdentifiseer. Daar is ‘n saak teen hulle aanhangig gemaak.

Covid-19-slagoffer

Die polisie het die slagoffer as Premnath geïdentifiseer. Premnath is op 25 Mei in die hospitaal opgeneem na hy positief getoets het vir Covid-19. Hy is op 28 Mei oorlede terwyl hy behandeling ontvang het.

Volgens ‘n polisiebeampte is Premnath se liggaam, volgens Covid-19-protokol, aan sy familielede oorhandig sodat hy veras kan word. Dis toe dat sy familielede hom in die rivier gegooi het. – India Today

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.