UPINGTON. – Twee verdagtes verskyn môre in die Upington-landdroshof op aanklagte van mensehandel ná die polisie drie slagoffers tussen die ouderdomme van 19 en 24 by ‘n bordeel in Sandton gered het.
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke, sê die verdagte is op 29 Mei in Sandton in hegtenis geneem.
“Die verdagte het die slagoffers na bewering van Upington na Sandton geneem en vir prostitusie gebruik.”
Volgens Mnisi is die woonstel in Sandton deursoek ná iemand dit as ‘n bordeel aangegee het. Gedurende die soektog is die drie slagoffers gered. Selfone en ‘n onbekende som geld is ook gevind.
Die verdagte verskyn na verwagting Maandag saam met Emmanuel Uzoaga (33), ‘n medeverdagte, in die hof.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



