Ek het geweet my verhouding is verby toe…

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al ooit op daardie punt in ’n verhouding gekom waar jy net weet dit is nou verby? Dit is gewoonlik iets wat gebeur wat jou laat “snap”. Hier vertel mense wat gebeur het die oomblik toe hulle geweet het hulle verhouding is nou verby.

Vertel ons hoe jy geweet het jou verhouding was verby.

LEES OOK: Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 4

Mense vertel

Op Mumsnet is die vraag gevra: Ek het geweet my verhouding is verby toe…

Itwasoverwhen sê: “Ons het gaan kamp, ​​daar was ’n geweldige storm. Hy het sy motor opgepak en my met drie kinders agtergelaat om ’n yslike tent af te slaan en alles wat nog moes gepak word in die sterk reën en wind omdat ‘sy goed gepak was’. Ek was ‘n uur later nog daar en ’n man uit ’n naburige tent kon nie eers glo dat hy weg is en my net so gelos het om alleen te sukkel nie.

PanamaPattie sê: “Ek het twee werke gehad sodat ons huur en ons rekeninge kan betaal, toe gaan verkoop hy ons kar omdat hy wou gaan vakansie hou en branderplank ry. Totsiens.”

Whycantwegoonasthree sê: “Toe my man my op ’n snelweg in die pad rugby-tackle omdat ek geweier het om saam met hom in die kar te klim. Vreemde mense het die polisie gebel.”

Bambooshoot sê: “Sy foon het my per ongeluk in sy broeksak gebel en ek het gehoor toe hy ’n ander meisie in ’n kroeg ‘opchat’. Net vyf minute voor dit het hy vir my gesê hy is alleen by die huis.”

Gilead sê: “Toe ek in die moeilikheid beland omdat ek op die verkeerde plek in ’n sin asemhaal en hom blykbaar mislei het.”

Solasta sê: “Toe hy my bankkaart by die hospitaal gevat het, net nadat ek geboorte gegee het. Hy het my bankrekening leeggemaak.”

Diggingaholeformyself sê: “Toe hy terloops tydens ’n gesprek noem dat hy die vorige week met ’n paar ander vroue seks gehad het.”

Forgothowmuchlhatehomeschoolin sê: “Toe hy vir my sê hy sal nie kans kry om volgende jaar saam met my op vakansie te gaan nie, want hy het te veel planne met sy vriende. Ons was 11 jaar saam.”

Onetraumaatatimeplease sê: “Toe hy my vertel dat die wêreld ’n beter plek sou wees sonder my en selfdood as ’n opsie vir my voorgestel het voor ons twaalfjarige dogter.”

LEES OOK: Verbrande liggaam van onbekende man gevind