POLOKWANE. – Elphias Ditshego Mudau (39) is in die streekhof in Morebeng tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ’n verstandelik gestremde vrou (29) gevonnis.
Lt. kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê op 2 Februarie 2017 het die beskuldigde die vrou in die straat ontmoet en haar na sy woonplek in dieselfde omgewing gedwing.
LEES OOK: Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning – deel 2
Aangerand en verkrag
“By aankoms het die beskuldigde die slagoffer gedreig en haar toe aangerand en verkrag. Later toe die slagoffer by die huis aankom, het haar ma opgemerk dat haar gesig geswel is en haar uitgevra. Sy het haar ma vertel wat gebeur het en haar ma het onmiddellik die polisie kontak.”
Die beskuldigde is in hegtenis geneem en deur forensiese toetse positief met die misdaad verbind.
LEES OOK: Oreo-koekieballe – resep
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



