Hierdie romerige vla-koppiekoek is die perfekte nagereg vir ’n weeksaand of selfs as jy alleen is. Dit neem net vyf minute om te maak.
LEES OOK: KYK!: kwaai ouers dra skoolhoof by skool uit
Bestanddele:
- 40g (¼ koppie) bruismeel
- ¼ teelepel bakpoeier
- 2 eetlepel strooisuiker
- 2 eetlepels melk
- 25g botter, gesmelt, afgekoel
- 1 eier
- ¼ teelepel vanieljegeursel
- 1 eetlepel aarbeikonfyt
- 60 ml vla, plus ekstra, om voor te sit
Metode:
- Plaas die meel en bakpoeier in ’n bak en meng met ’n vurk.
- Gebruik ’n vurk om die suiker, melk, botter, eier en vanielje in ’n aparte bakkie te klits.
- Klits die meelmengsel geleidelik by die meel in tot gemeng.
- Plaas die konfyt in ’n klein bakkie en mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 sekondes of tot dit warm is. Plaas eenkant.
- Giet twee derdes van die beslag in ’n mikrogolfbestande koppie van 375 ml.
- Skep die vla bo-op die beslag en skep dan die res van die beslag oor.
- Mikrogolf op hoog vir 2 minute of tot dit gaar is.
- Skep die warm konfyt bo-op.
- Sit voor met ekstra vla
Oorspronklike resep deur taste.com



