NOORD KAAP. – ‘n Sonkragtoringaanleg ter waarde van R11.6 biljoen gaan in die Noord-Kaap gebou word. Die projek is vanuit ‘n maatskappy in Saoedi-Arabië ontwikkel.
Volgens Bussinesstech is Absa aangewys as die hooforganiseerder, senior kredietverskaffer en heiningverskaffer vir die R11.6 biloen se gekonsentreerde sonkrag- (CSP) toring in die Noord-Kaap. Absa sê die 100MW-projek is deur ACWA Power van Saoedi-Arabië ontwikkel.
Hierdie sonkragtoringaanleg sal deel wees van die South African Renewable Energy Independent Power Producers’ Procurement Program (REIPPPP).
Wat is ‘n CSP?
‘n CSP-toringaanleg genereer sonkrag met behulp van spieëls, bekend as heliostatusse, om ‘n groot hoeveelheid sonlig op ‘n klein area, bekend as die ontvanger, te konsentreer. Elektrisiteit word dan opgewek wanneer die gekonsentreerde lig in sonkragenergie omgeskakel word.
Waar in die Noord-Kaap sal die sonkragtoringaanleg gebou word?
Shaun Moodley, uitvoerende hoof van hulpbron- en projekfinansiering by Absa, sê die Redstone CSP-projek sal ongeveer 30 km oos van Postmasburg in die Noord-Kaap gebou word. Die projek sal een van die grootste beleggings vir hernubare energie in Suid-Afrika in die REIPPPP wees.
‘n Belangrike kenmerk van die Redstone CSP Project is dat dit 12 uur volle lading van energieberging sal hê. Dit sal die CSP-kragstasie in staat sal stel om ‘n stabiele elektrisiteitstoevoer na meer as 200 000 Suid-Afrikaanse huise te lewer tydens die hoogste vraagperiodes, selfs na die son ondergegaan het,” het hy gesê.
Moodley sê die bou van die projek sal ten minste 2 000 werksgeleenthede skep, terwyl ‘n verdere 560 werksgeleenthede geskep sal word wanneer die sonkragtoringaanleg in volle werking is. Moodley het gesê die sosio-ekonomiese voordele van die projek sal ook verder strek as werkskepping, want tot 40% van die benodigde toerusting en materiaal moet plaaslik verkry word.
Die konstruksie sal ongeveer 33 maande duur. Daarna sal die kragstasie geleidelik in gebruik geplaas word om 100% van die ontwerpkapasiteit te bereik.
Lees ook: Onderwyser kry na ses jaar tronkstraf vir seksuele aanranding van leerder



