Simoné Pretorius terg aanhangers met foto wat baba se gesig wegsteek

Deel hierdie storie / Share this story

Simoné Pretorius, Suid-Afrikaanse film-, televisie- en teaterakteur, wat bekend is vir die vertolking van Irma Humpel in die Afrikaanse biografiese film, Vir die voëls van 2016, het haar aanhangers op Facebook geterg met ‘n foto van haar pasgebore baba.

Simoné en haar man Andries Pretorius het besluit om die babadogtertjie se naam regdeur die swangerskap ‘n geheim te hou. Hulle het haar naam eers nader aan die einde van haar swangerskap bekend gemaak. Sy het haar aanhangers laat raai wat die naam gaan wees.

Die dogtertjie se naam is Harper Harvest.

In die opmerkings van die foto wat Simoné geplaas het, verwelkom haar aanhangers en ander bekendes die baba die wêreld in.

(Foto: Simone’ se Instagram)
(Foto: Simone’ se Instagram)
(Foto: Simone’ se Instagram)

Lees ook: Ouers blameer hospitaal vir meisie (17) se dood